Sunday 9 January 2011

Calendar poem for 7 January by the Afrikaans poet Elisabeth Eybers


Die gebed van verstarrende siele

Maak ons onsterflik vir één enkele uur,
gee ons die dwaasheid van één blinde daad
Die oë wat nie speur na doel of duur
maar, wyd en koorsig in ’n wit gelaat,
alleen die vlamme van die oomblik vang
sonder om oor die later as te treur,
’n kreet wat in die lome lug sal hang
soos bloedrooi rose in ’n waas van geur!

Ons harte was nog nooit só stil, só bloot...
Die donker styg rondom ons soos ’n muur,
’n skeidsmuur tussen ons en lewe-en-dood
waaroor ons in die na-nag saggies praat...
Maak ons onsterflik vir één enkele uur,
gee ons die dwaasheid van één blinde daad!


The prayer of stiffening souls

Make us immortal for one single hour,
grant us the folly of one mindless deed!
The eye that for no lasting goal would scour
but, feverish and wide, would only heed
what’s caught in a pale face – the instant’s flare –
not mourning for the ashes when it’s spent,
a scream that hangs there in the listless air
like blood-red rose held in a haze of scent!

Our hearts have never been so still, so bare...
The darkness like a wall begins to tower,
dividing us from life-and-death, and there
we talk of it as late-night hours recede...
Make us immortal for one single hour,
grant us the folly of one mindless deed!


No comments: